Minderoo - Thrive By Five Logo
Minderoo - Thrive By Five Logo
Thrive By Five logo

Die eerste vyf jaar sal 'n kind se lewe vorm

Laai die app af

Ons gratis app is vir alle ouers en versorgers wat van die vroegste ouderdom af die beste vir hul kinders wil hê. Met Thrive by Five is dit eenvoudig en maklik om positiewe gewoontes te skep wat die beste uitkomste vir jou kind ondersteun.

Laai die app af om prettige plaaslike aktiwiteite uit te probeer en ontdek die eenvoudige wetenskap – 'Waarom' dit nou en in die toekoms so goed is vir jou en jou kind.

Phone displaying activities to do with your child

Oor Thrive By Five

About Image

"Thrive by Five kombineer die jongste navorsing met prettige en maklik verstaanbare plaaslike aktiwiteite wat jy en jou kind saam kan geniet. Ons aktiwiteite is vir al die belangrike mense in jou kind se lewe. Hulle kan so gereeld as wat jy wil en in verskillende omgewings geniet word. Kies uit baie, wonderlike, plaaslike aktiwiteite wat vir jou en jou kind kan help om te leer: hoe om te konnekteer, te praat, te speel, terwyl jy gewoontes vestig vir 'n gesonde tuiste, en 'n identiteitsin met jou gemeenskap versterk. "

Ons aktiwiteite is vir al die belangrike mense in jou kind se lewe. Hulle kan so gereeld as wat jy wil en in verskillende omgewings geniet word.

Kies uit baie, wonderlike, plaaslike aktiwiteite wat vir jou en jou kind kan help om te leer: hoe om te konnekteer, te praat, te speel, terwyl jy gewoontes skep vir 'n gesonde tuiste, en 'n identiteitsin met jou gemeenskap versterk.

Kom meer

Klein oomblikkies, ʼn groot verskil

Showcase of activities

Elke oomblik tel!

"Ons Aktiwiteitsbeplanner bevorder geleenthede om baie klein oomblikkies met jou kind te skep, wat 'n groot verskil aan hul ontwikkeling en welstand kan maak. "

Showcase of activities

Luister na die aktiwiteite

"Tik op die oor-ikoon en ons sal die inhoud vir jou voorlees. "

Showcase of activities

Kyk na jou vordering

Volg die vordering wat jy met jou kind gemaak het in jul reis, terwyl julle gespeel en ontwikkel het.

Showcase of activities

Herleef jul spesiale oomblikke

"Laai of neem 'n foto of video tydens 'n aktiwiteit om jou kosbare oomblikke in die Herinneringsalbum te stoor. "

Ons aktiwiteite is in vyf sleutelareas opgedeel

Met vyf sleutelareas van ontwikkeling as grondslag, help Thrive by Five om alledaagse aktiwiteite in prettige leergeleenthede te omskep wat jou kind help om hul volle potensiaal te bereik.

Parents holding and speaking with a child

Konnekteer

Bou verhoudings en sterk emosionele bande

Parents holding and speaking with a child

Praat

Skep vreugdevolle oomblikke deur taal en kommunikasie

Parents holding and speaking with a child

Speel

Prettige maniere om jou kind se breinontwikkeling te ondersteun

Parents holding and speaking with a child

Gesonde Tuiste

Wenke om jou tuiste gelukkig en gesond te hou

Parents holding and speaking with a child

Gemeenskap

Kweek 'n verbintenis met kultuur en skep 'n gevoel dat jul daar tuishoort

Ontdek ons aktiwiteite

Phone

Neem die toer

Laai die app af om prettige plaaslike aktiwiteite uit te probeer en ontdek die eenvoudige wetenskap – 'Waarom' dit nou en in die toekoms so goed is vir jou en jou kind.

Met trots ondersteun deur

Logo

Die Universiteit van Sydney, wat in 1850 gestig is, is Australië se oudste universiteit. Dit het 'n toonaangewende wêreldwye universiteit geword.

Universiteit van Sydney se 'Brain and Mind Centre' is 'n wêreldleier op die gebied van die neurowetenskap, met 'n fokus op kinderontwikkeling en jeugdige geestesgesondheid.

Die ontwikkeling van die Thrive by Five-app se inhoud word gelei deur die Brain and Mind Centre, met kundiges gebaseer in Australië, die VSA en Kanada, uit velde soos antropologie en neurowetenskap, wat nou saamwerk met Minderoo Foundation se vennote in die land.

Logo

Development Workshop Namibië (DWN) is in 2016 gestig. ʼn Geregistreerde en onafhanklike nieregeringsorganisasie (NRO) wat fokus op volhoubare stedelike ontwikkeling, informele nedersettings en die minderbevoorregte gemeenskappe dwarsoor Namibië.

DWN werk met verskeie Namibiese regeringsministeries en privaatsektor-organisasies om die lewensonderhoud van gemeenskappe te verbeter, met spesifieke fokus op menslike nedersettings. DWN is deel van 'n wêreldwye netwerk van Development Workshop organisasies wat sedert 1975 programme in meer as 30 lande in Afrika, Asië en die Amerikas geïmplementeer het.

Aan u gebring deur

Mindero Foundation Logo

Laai die GRATIS app af vir Android of iPhone en moenie vergeet om met jou vriende en familie te deel nie