Minderoo - Thrive By Five Logo
Minderoo - Thrive By Five Logo

1. Inleiding

Die Minderoo Foundation Pty Ltd (ACN 098 198 684) (u), as trustee van Die Minderoo Stigting Trust (ABN 24 819 440 618) (ons), is verbind om die vertroulikheid en sekuriteit van die persoonlike inligting wat ons versamel en stoor te verseker wanneer u toegang tot die Thrive by Five Internasionale Ouerskap App (App) verkry en gebruik.

Hierdie Privaatheidsbeleid beskryf in hooftrekke hoe ons u persoonlike inligting versamel, gebruik, openbaar en beskerm soos deur die Privacy Act 1988 (Cth) (Privacy Act) voorgeskryf. Dit beskryf ook hoe u toegang tot u inligting kan verkry en kan verander, ‘n vraag daaroor kan vra, of ‘n klagte daaroor kan maak. Of die Privaatheidsbeleid van toepassing is op u persoonlike inligting wat ons insamel en berg of nie, sal ons hierdie Privaatheidsbeleid nakom.

Deur toegang tot die App te verkry of te gebruik, stem u saam dat ons u data soos in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf kan hanteer en is u verbonde tot die Bepalings en Voorwaardes van Gebruik wat in hierdie App beskikbaar is.

2.Insamel van persoonlike inligting

2.1 Wat is persoonlike inligting?

Persoonlike inligting is inligting wat u as ‘n individu identifiseer of waaruit u tot ‘n redelike mate geïdentifiseer kan word.

Ons het die App ontwerp sodat dit baie min inligting oor u en u kind insamel. In baie gevalle sal die inligting wat u in die App opteken u nie kan identifiseer nie. Daar word byvoorbeeld slegs eerste name gevra, en u hoef nie u regte naam of die regte naam van u kind te verskaf nie. Enige foto’s of video’s wat u in die App gebruik, sal slegs up u toestel gestoor word en ons sal nie tot hulle toegang hê nie.

Nietemin, onder sekere omstandighede sou die inligting wat u verskaf met ander inligting gekombineer kan word om u te identifiseer. Gevolglik sal ons dit as persoonlike inligting behandel soos in hierdie Privaatheidsbeleid aangevoer.

2.2 Watter persoonlike inligting kollekteer ons deur die App?

Wanneer u die App gebruik, het u die vermoë om sekere inligting in te skryf. Indien u kies om dit in te skryf, sal ons u eerste naam en die eerste naam, geboortemaand en geboortejaar van ‘n kind saam met wie u die App gebruik insamel. Ons sal ook u voorkeure wat u op die App inskryf versamel, insluitend terugvoering en inligting wat u inskryf aangaande u ondervinding met die App. Ons mag ook ander inligting oor uself insamel wat u direk of indirek aan ons verskaf.

2.3 Wat is die doelwit wanneer persoonlike inligting ingesamel word?

Ons maak slegs persoonlike inligting bymekaar wat redelik nodig is vir ons om ons funksies en aktiwiteite uit te voer. Ons mag byvoorbeeld u persoonlike inligting gebruik om u van die App te voorsien, aan u dienste te lewer, en om die App te verbeter en te verpersoonlik. Ons mag ook moontlik u persoonlike inligting gebruik vir bykomstige doeleindes en daardeur oor die algemeen ‘n kwaliteitsdiens en ervaring verskaf terwyl u die App toetree en gebruik.

Ons sal u persoonlike inligting wat in die App opgeneem is aan derde partye voorsien soos in seksie 3 uiteengesit met die doel om die App aan u te verskaf. Hoewel onwaarskynlik, sal ons moontlik ook u persoonlike inligting aan derde partye verskaf ter aansluiting van hierdie doelwitte. Ons sal redelike stappe onderneem om te verseker dat enige sulke derde party u persoonlike inligting ingevolge die bepalings van die Privaatheidsbeleid behandel.

2.4 Hoe versamel ons persoonlike en nie-persoonlike inligting?

Ons kan slegs persoonlike inligting omtrent u insamel op maniere wat wettig en regverdig is. Ons versamel hoofsaaklik inligting direk by u, soos wanneer u ‘n profiel in die App skep of vir ons vertel hoe ‘n kind deelneem aan en reageer op die aktiwiteite en strategieë soos deur die App aanbeveel. U mag die persoonlike inligting wat u aan ons verskaf tydens die skep van ‘n Profiel regstreeks beperk deur die “oorslaan” funksionaliteit te gebruik.

Ons sal byvoorbeeld ook inligting insamel soos aan watter diener u toestel gekoppel is, u streeksligging, die tyd wanneer u op die App ingaan en vir hoe lank u die App betree.

Indien u verkies om persoonlike inligting aan ons te verskaf deur middel van die App en deur ‘n Profiel op die App te skep, sal die inligting wat ons byeenbring deur die opspoor van gebruiker-gebeurtenisse van hoe u die App betree of gebruik u heel moontlik redelik kan identifiseer.


3. Hoe ons u persoonlike inligting gebruik en blootstel

3.1 Hoe ons u persoonlike inligting gebruik en blootstel

Ons hou, gebruik en stel slegs persoonlike inligting oor u bloot vir die doel soos in seksie 2.3 omskryf, of vir verwante doelwitte wat redelik verwag kan word, tensy u u toestemming vir ander doeleindes gee.

So ‘n blootstelling mag ‘n onthulling van u persoonlike inligting aan derde partye insluit wat:

  • ons diensverskaffers is (soos webwerf-gashere of datastoorverskaffers);
  • regulerende liggame, regeringsagentskappe, wetstoepassingsliggame of howe is; of
  • u gemagdigde agente, eksekuteurs, administrateurs of regsverteenwoordigers is.

Ons mag ook u persoonlike inligting hou, gebruik en openbaar maak in verband met verdagte bedrog, wangedrag en onwettige aktiwiteite.

Ons mag ook deur die wet verplig word om u persoonlike inligting te onthul.

3.2 Oorsese oordrag van inligting

U persoonlike inligting mag blootgestel, oorgedra, gestoor, verwerk of deur ons oorsee gebruik word, of deur derdeverskaffers. Ons stoor byvoorbeeld u inligting in ‘n veilige gasheeromgewing in Australië.

Deur die App te gebruik, gee u toestemming tot die versameling, gebruik, berging en verwerking van u persoonlike inligting in Australië. In Australië word u regte ten opsigte van u persoonlike inligting en hoe ander partye sulke inligting moet hanteer deur die Privaatheidswet gereguleer.


4. Hoe persoonlike inligting veilig bewaar word

Ons het die App ontwerp sodat ons slegs u inligting insamel en direk in ons eie-wolkomgewing in Australië berg. Ons het sekuriteitsmaatreëls in plek om die persoonlike inligting wat ons van u het, te beskerm. Ons pas geskikte voorsorgmaatreëls toe om te verseker dat u persoonlike inligting teen wangebruik en verlies beskerm is, asook teen ongemagtigde toegang, wysiging en openbaarmaking.

Ons mag u inligting óf in elektroniese of hardekopie formaat behou. Ons implementeer sekuriteitsmaatreëls (insluitend die enkriptering van u inligting waar toepaslik) om die fisiese veiligheid te verseker van die persoonlike inligting wat op ons perseel en sisteme gehou word. Wanneer rekords waarin persoonlike inligting bewaar word nie meer benodig word nie, vee ons dit uit of de-identifiseer dit permanent.

Nietemin, aangesien die App deur die internet verskaf word, kan ons nie die sekuriteit van oordrag van die inligting wat u aan ons meegedeel het waarborg nie. Ons kan ook nie waarborg dat die inligting wat u verskaf nie onderskep gaan word terwyl dit deur die internet oorgedra word nie. Dienooreenkomstig word enige persoonlike of ander inligting wat u aan ons verskaf op eie risiko oorgedra.

5. Toegang en regstelling van persoonlike inligting

5.1 Toegang

U het die reg op toegang tot u persoonlike inligting wat ons bewaar. U het die reg om daardie inligting te bekom op enige redelike en praktiese manier wat u verlang.

Indien u so ‘n versoek maak, sal ons u identiteit moet bekragtig sodat ons nie u inligting aan iemand anders oordra nie.

Ons sal u binne 30 dae toegang tot die inligting verleen indien dit redelik and prakties moontlik is, maar in sommige omstandighede mag dit langer neem.

Indien ons toegang sou weier, sal ons ons besluit aan u verduidelik in soverre dit die mate van uitvoerbaarheid behels, asook wat u opsies is om beswaar aan te teken.

Ons sal nie gewoonlik vir u vergoeding vra wanneer ons aan u toegang tot u persoonlike inligting verleen nie. Nietemin, indien die versoek kompleks is, mag ons moontlik vir u vergoeding vra, soos die onkoste wanneer ons personeel die inligting moet lokaliseer en insamel.

Om met ons in verbinding te tree insake die persoonlike inligting wat ons omtrent u berg, gebruik asseblief een van die metodes soos onder in seksie 6 aangestip.

5.2 Regstelling

U kan ons te enige tyd inlig indien enige van u persoonlike inligting wat ons berg foutief, onnoukeurig of onvolledig is en u verlang dat ons die inligting korrigeer.

Indien u dit wil doen, maak asseblief met ons kontak soos onder in seksie 6 aangestip.

Normaalweg sal ons op versoeke vir regstellings binne 30 dae reageer, maar in sommige gevalle mag dit langer duur.

Ons sal nie vir u enige vergoeding vra vir die regstelling van u persoonlike inligting wat deur ons geberg word nie.

Indien ons nie saamstem dat u persoonlike inligting reggestel of verander moet word nie, sal ons ‘n nota by u persoonlike inligting voeg wat verklaar dat u nie daarmee saamstem nie.

U kan ook self enige inligting regstel wat u in u Profiel stoor op die Profiel se instellingsbladsy in die App.


6. Privaatheidskontak

Indien u van mening is dat ons nie aan ons verpligtinge ten opsigte van u persoonlike inligting voldoen het nie, of indien u toegang tot u persoonlike inligting wil verkry, maak asseblief met ons kontak soos onder aangestip:

Telefonies

+61 8 6460 4949 tussen 9:00 vm en 5:00 nm van Maandag tot Vrydag.

Per pos

Thrive by Five

Minderoo Foundation

PO Box 3155, Broadway Nedlands WA 6009

Per e-pos

hello@thrivebyfive.com

Indien u voel dat ons nie ‘n klagte behoorlik hanteer het nie, kan u kontak maak by: Office of the Australian Information Commissioner, enquiries@oaic.gov.au of by 1300 363 992.


7. Updates

Ons mag hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd hersien en wysig om veranderinge in wette te weerspieël en ons huidige bedrywighede en praktyke te weerkaats.

U kan ‘n afskrif van die huidige weergawe op versoek bekom.

Jongste opdatering: [Junie 2022]

Aan u gebring deur

Mindero Foundation Logo

Laai die GRATIS app af vir Android of iPhone en moenie vergeet om met jou vriende en familie te deel nie