Minderoo - Thrive By Five Logo
Minderoo - Thrive By Five Logo

1. Inleiding

1.1 Hierdie dokument omlyn die bepalings en voorwaardes (Bepalings en Voorwaardes) waarmee u toegang kan verkry tot die Thrive by Five Internasionale Ouerskap App (App) wat aan ons behoort.

1.2 Lees asseblief hierdie Bepalings en Voorwaardes voordat u die App betree of gebruik. Indien u nie al hierdie Bepalings en Voorwaardes aanvaar nie, moet u nie die App gebruik nie.

1.3 Hierdie Bepalings en Voorwaardes het ook betrekking op enige ander bepalings en voorwaardes betreffende u gebruik van die App, met inbegrip van ons Privaatheidsbeleid wat in hierdie App (Privaatheidsbeleid) beskikbaar is.

1.4 In hierdie Bepalings en Voorwaardes:

(a) het “App” die betekenis soos in klousule 1.1 aangedui;

(b) het “App IE” die betekenis soos in klousule 3.1 aangedui;

(c) beteken “kind” die kind wat deelneem aan die aktiwiteite en strategieë soos in die App aanbeveel;

(d) het Privaatheidsbeleid die betekenis soos in klousule 1.3 aangedui;

(e) beteken “Profiel” die profiel wat u ingevolge klousule 5 mag skep;

(f) het “Term” die betekenis soos in klousule 9.1 aangestip;

(g) verwys “u” na die persoon wat toegang tot die App het en wat hierdie Bepalings en Voorwaardes aanvaar;

(h) beteken “U Inhoud” alle inligting en data wat u van die App afgelaai het; en

(i) verwys “ons” na The Minderoo Foundation Pty Ltd (ACN 098 198 684) as trustee van Die Minderoo Stigting Trust (ABN 24 819 440 618).

2. Gebruiksvoorwaardes

U moet nie die App betree of gebruik nie indien:

(a) u nie met enige deel van hierdie Bepalings en Voorwaardes saamstem nie; of

(b) u gebruik van die App, of die gebruik deur enige persoon wat u toelaat om die App te benuttig, enige verlies of skade kan veroorsaak aan enige persoon, insluitend verlies of skade deur ‘n foutwerking of mislukking van die App.

3. Intellektuele eiendom

3.1 Eienaarskap

(a) Ons besit of lisensieer alle intellektuele eiendomsregte in die App, ingeslote alle materiale in die App (of dit geskrewe, visueel, ouditief of andersins is) (App IE).

(b) Buiten die lisensie wat ons aan u ingevolge klousule 3.2 toestaan, gee ons nie aan u of enige ander persoon enige regte tot, of belang in, die App IE nie.

(c) Niks in hierdie Bepalings en Voorwaardes dra enige intellektuele eiendom in die App IE aan enige persoon oor nie.

3.2 Lisensie

Ons staan aan u ‘n nie-eksklusiewe, nie-oordraagbare en nie- sublisensieerbare lisensie toe om die App IE vir die Termyn te gebruik met dien verstande dat u klousules 3.3 en 4 nakom. Indien u klousules 3.3 en 4 nie nakom nie, mag ons hierdie lisensie herroep en sal u nie die App kan gebruik nie. Wanneer hierdie Bepalings en Voorwaardes herroep word, sal hierdie lisensie verval.

3.3 Beperkings op die lisensie

U mag nie:

(a) die App op enige manier gebruik wat deur hierdie Bepalings en Voorwaardes verbied word nie;

(b) enige deel van die App IE aan enige ander persoon versprei, publiseer, sublisensieer, oordra of andersins beskikbaar stel nie (dit sluit byvoorbeeld in die publikasie van enige deel van die App of van die materiaal wat op die internet in die App verskyn);

(c) ons handelsmerke, logos, grafiese werke, oudio of ander bates wat in die App is, gebruik of verander om enigsens te verskil van die beoogde doel daarmee;

(d) inhoud van die App IE verander, pasmaak, aanpas of afgeleide werke van die App IE skep; of

(e) die App IE vir enige kommersiële doeleinde gebruik nie.

4. Gebruik van die App

4.1 Veroorloodfe gebruik

(a) U mag slegs toegang tot die App en App IE verkry en gebruik vir persoonlike of opvoedkundige doeleindes. U mag nie die App of App IE gebruik as deel van enige saakverwante of kommersiële aktiwiteite nie.

(b) U mag nie die App of enige data wat u op die App verkry het gebruik vir:

(1) enige bemarking of ander saakverwante of kommersiële aktiwiteit nie;

(2) op enige manier gebruik wat onwettig, wederregtelik, bedrieglik, of andersins skadelik is; of

(3) aan enige ander aktiwiteit verbonde is wat onwettig, wederregtelik, bedrieglik of skadelik is.

4.2 Gebruik deur ander persone

(a) U kan toelaat dat ander persone die App en u Profiel gebruik nadat u hierdie Bepalings en Voorwaardes aanvaar het, maar u moet ten alle tye:

(1)seker maak dat dié persone klousule 4.1 nakom; en

(2) kontrole behou oor die slimfoon of ander toestel waarop hulle toegang tot die App verkry het.

(b) U sal altyd verantwoordelik wees vir enige gebruik van die App op u toestel nadat u die Bepalings en Voorwaardes of gebruik van u Profiel deur ‘n ander persoon aanvaar het, insluitende omdat:

(1) u daardie persoon toelaat om die App of u Profiel te gebruik; of

(2) u nie die toestel waarmee u die App bekom het, beveilig het nie.

4.3 Receiving notifications

(a) You agree to receive electronic messages via device notifications, including reminders and motivational messages. These messages will only come from us.

(b) You may be able to choose not to receive some notifications by changing the settings on your device or other software.

(c) You agree that we can send you notifications or messages about the status and security of your Profile, even if you have turned off some notifications.

5. U Profiel

5.1 Algemeen

(a) Deur u besonderhede op die App in te vul, kan u ‘n Profiel deur middel van die App skep.

(b) As u ‘n Profiel skep, sal u terselfdertyd ‘n rekening in die App skep. Die rekening sal geïnkripteer, nie-identifiseerbaar en sekuur in Australië gehuisves word.

(c) Die inligting wat in u Profiel gestoor sal word, sal die volgende inligting insluit, met dien verstande dat u die inligting deur die App aan ons verskaf:

(1)u eerste naam of alias;

(2) die eerste naam of alias van die kind;

(3) die maand en jaar van geboorte van die kind; en

(4) inligting rakende hoe u en die kind die aktiwiteite en strategie<u>ë </u>soos aanbeveel deur die App gebruik en daarop reageer.

5.2 Bestuur van u Profiel

(a) U kan sommige inligting versorg of van u Profiel in die App verwyder. Dit sluit in u naam, die naam van die kind en die maand en jaar van die kind se geboorte.

(b) U mag te eniger tyd u Profiel in die App verwyder.

(c) U moet:

(1) ons onmiddelik in kennis stel as daar enige ongemagtige toelating tot u Profiel is; en

(2) nie ‘n ander persoon se Profiel binnegaan nie tensy hulle duidelik aan u hulle toestemming daartoe gegee het.


6. U inhoud

(a) Indien u ‘n Profiel skep, sal u ons kan vertel tot hoe ‘n mate u en die kind in die App betrokke is en op die aktiwiteite en strategieë reageer wat u in die App gebruik het. Hierdie inligting sal in u Profiel gestoor wees (wat ingevolge klousule 5.1(b) veilig in bewaring is).

(b) As u ‘n Profiel skep, kan u ook foto’s en video’s van u en die kind vasvang en oplaai. Enige van hierdie foto’s en video’s sal plaaslik slegs op u toestel bewaar wees en sal nie by ons of op u Profiel gelaai wees nie.

(c) Bo en behalwe enige foto’s of video’s deur u vasgevang of deur u opgelaai, sal U Inhoud in u Profiel gestoor wees.

(d) U waarborg en gee weer dat U Inhoud hierdie Bepalings en Voorwaardes sal nakom en nie:

(1) onwettig of wederregtelik is nie;

(2) op enige persoon se wetlike regte (ingesluit ons s’n) inbreuk maak nie;

(3) lasterlik of kwaadwilliglik onwaar is nie;

(4) onbetaamlik of onwelvoeglik is nie;

(5) inbreuk maak op enige reg van privaatheid of reg onder die data beskermingswetgewing nie;

(6) gewelddadigheid uitbeeld nie; of

(7) aanstootlik, misleidend, bedrieglik, dreigend, beledigend, teisterend, antisosiaal, bedreigend, haatdraend, diskriminerend of inflammatories is nie.


7. Privaatheid en data

7.1 Privaatheid

Besonderhede rakende hoe ons persoonlike inligting jeens indiwidue insamel, bewaar, gebruik en openbaar maak, word in ons Privaatheidsbeleid omskryf.

7.2 Administratiewe data

U erken en gee gelyk dat ons in staat sal wees om toegang te kry tot gede-identifiseerde administratiewe data insake u Profiel toegang insluitend:

(a) gebruiksstatistieke (insluitend wanneer u die App betree, hoe lank u die App betree, and by watter internetbediener u toestel aangeteken is);

(b) die ID van u toestel en watter soort toestel u gebruik om die App te betree; en

(c) u gekose land en taal.

8. Beperkings en uitsluitings

8.1 U erken en stem saam dat:

(a) die App slegs vir persoonlike en opvoedingsdoeleindes verskaf word;

(b) u slegs die App moet gebruik indien u aanvaar dat ons nie verantwoordelik is vir enige verlies of skade wat u ly soos uiteengesit hier in klousule 8;

(c) u slegs ‘n ander persoon mag toelaat om die App te gebruik indien u vooraf seker gemaak het dat dié persoon aanvaar dat ons nie verantwoordelik is vir enige verlies of skade wat hulle ly soos aangestip in hierdie klousule 8; en

(d) u, en enige ander persoon wat u toelaat om die App te gebruik, seker moet maak dat u en hulle die App gebruik uitsluitlik op maniere wat nooit vir u of enige derde party enige verlies of skade sal veroorsaak indien die App sou wanfunksioneer of faal om reg te opereer.

8.2 Ons erken dat u onder toepaslike wetgewing oor regte mag beskik wat bo en behalwe dié wat in hierdie Bepalings en Voorwaardes aangestip word en wat ons nie kan uitskakel of verander nie, en dat dié regte moontlik op u gebruik van die App betrekking het. Anders as dié regte, indien enige:

(a) behalwe soos in hierdie Bepalings en Voorwaardes aangestip, en soos ten volle deur die wet toegelaat word, ontken ons alle waarborge met betrekking tot die App;

(b) ons skakel alle aanspreeklikheid ten opsigte van enige verlies, aanspreeklikheid, skade, onkoste of koste van enige aard of soort uit; en

(c) enige aanspreeklikheid wat ons teenoor u het wat nie andersins deur hierdie Bepalings en Voorwaardes uitgeskakel word nie, is beperk tot die herstelling of vervanging van die App.

8.3 U stem ooreen dat u geen eis persoonlik teen ons amptenare of werknemers sal aanteken ten opsigte van enige verlies of skade wat u ten opsigte van die App of hierdie Bepalings en Voorwaardes ly nie.

8.4 Ons behou die reg voor om enige van die App se dienste te verwyder of te verander, en om op te hou om die App te publiseer te eniger tyd binne ons uitsluitlike diskresie en vir enige ander rede of vir geen rede.

8.5 Die App mag te eniger tyd vertragingstyd teekom as gevolg van instandhouding of ander tegniese struikelblokke.

8.6 U is nie geregtig op enige vergoeding of ander betaling vis-à-vis die verwydering of verandering van enige deel van die App indien ons sou ophou om die App te publiseer of ingevolge enige ander mislukking, wanfunksionering of ander gebrek in die App.

9. Termyn en beëindiging

Hierdie Bepalings en Voorwaardes geld vanaf die eerste keer wat u die App oopmaak en bly geld elke keer wat u die App oopmaak op enige manier tensy dit vroeër deur ons beëindig word (<b>Einde</b>).

9.2 Indien ons hierdie Bepalings en Voorwaardes sou beëindig, moet u ophou om die App te gebruik of toe te laat dat enige ander persoon die App gebruik.

9.3 Klousules 3.1, 6(d), 8, 9.2, 11 en hierdie 9.3 bly voortbestaan na die beëindiging van hierdie Bepalings en Voorwaardes.

9.4 Sonder vooroordeel tot ons ander regte onder hierdie Bepalings en Voorwaardes, indien u hierdie Bepalings en Voorwaardes op enige manier oorskry, of indien ons op redelike gronde vermoed dat u enigsens hierdie Bepalings en Voorwaardes in enige opsig oorskry het, mag ons:

(a) deur die App een of meer formele waarskuwings aan u stuur;

(b) u tydelik keer om toegang tot die App te verkry;

(c) u permanent keer om toegang tot die App te verkry; en

(d) u Profiel opskort of uitvee.

9.5 Indien ons u keer om tot die App toegang te verkry, moet u geen aksie neem om op ‘n ander manier toegang tot die App te verkry nie, insluitend deur ‘n ander Profiel te skep of te gebruik.

9.6 Indien ons die App verwyder of ophou om dit te publiseer, mag ons hierdie Bepalings en Voorwaardes skrap.


10. Platformbepalings

10.1 Ander bepalings

Benewens hierdie Bepalings en Voorwaardes is u gebruik van die App onderhewig aan enige bepalings en voorwaardes wat betrekking het op die platform wat u gebruik om toegang tot die App te verkry (byvoorbeeld die bepalings by http://www.apple.com/legal en https://play.google.com/about/... .

10.2 Apple

Indien u die App afgelaai het of tot die App toegang verkry het deur ‘n Apple-diens (insluitend die App Store of die iTunes Store), of op ‘n Apple iOS-toestel:

(a) is hierdie Bepalings en Voorwaardes ‘n ooreenkoms tussen u en ons, en nie met Apple nie. Apple is nie verantwoordelik vir die App of die inhoud daarvan nie.

(b) ons laat u toe om die App te gebruik slegs op ‘n Apple iOS-produk wat aan u behoort of wat u kontroleer en soos toegelaat word deur Apple se bepalings wat ooreenstem met u gebruik van daardie toestel;

(c) Apple is onder geen verpligting om enige instandhouding of bystand vir die App te voorsien nie;

(d) Apple is nie verantwoordelik vir die ondersoek, verdediging, skikking of vrystelling van enige derde party se intellektuele eiendom oorskrydingseise nie:

(e) Apple is nie verantwoordelik om enige eise aan te spreek wat deur u of enige derde party in verband met die App aanhangig gemaak is nie, of betreffende u besit of gebruik van die App nie, insluitende maar nie beperk tot:

(1) Produk-aanspreeklikheidseise;

(2) enige eis dat die App misluk het om te konformeer tot enige toepaslike wettige of regulatoriese vereiste; en

(3) enige eis wat onder verbruikersbeskerming of soortgelyke wetgewing ontstaan; en

(f) indien die App nie aan enige toepaslike waarborg voldoen nie, mag u Apple in kennis stel en Apple sal die koopprys (indien van toepassing) vir die App aan u terugbetaal tot die maksimum bedrag wat deur die toepaslike wet toegelaat word, en Apple sal geen verdere verpligting hoegenaamd hê ten opsigte van die App nie.

10.3 Google

Indien u die App afgelaai het of daartoe toegang verkry het deur ‘n Google-diens (insluitend Google Play) of met ‘n Android-toestel:

is Google nie verantwoordelik om bystand of instandhouding vir die App te verskaf nie, of om enige eise met betrekking tot die App aan te spreek nie:

Derde partye mag ‘n verskeidenheid inligting wat verband hou met u Android toestel en u gebruik van die App insamel en stoor; en

Google mag inligting wat verband hou met u gebruik van die App en u Android-toestel insamel, behou en gebruik. U kan verdere inligting bekom oor hoe Google u data verwerk en gebruik op Google se webwef (http://www.google.com).


11. Algemeen

11.1 Wysiging

(a) Ons mag hierdie Bepalings en Voorwaardes van tyd tot tyd verander.

(b) Indien ons hierdie Bepalings en Voorwaardes verander, sal ons aan u ‘n geskrewe kennisgewing van die verandering gee, en die nuwe Bepalings en Voorwaardes sal betrekking hê op u gebruik van die App vanaf die datum van daardie kennisgewing. Indien u nie met die nuwe Bepalings en Voorwaardes saamstem nie, moet u ophou om die App te gebruik.

11.2 Opdrag

(a) Ons mag ons regte and verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes toewys, oordra of andersins hanteer sonder u goedkeuring.

(b) U mag nie enige van u regte of verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes toewys, innoveer, oordra of andersins hanteer nie.

11.3 Skeibaarheid

(a) Indien enige hof of ander bevoegde gesag sou besluit dat ‘n bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes onwettig of onuitvoerbaar is, sal die ander bepalings prakties voortgaan.

(b) Indien enige onwettige of onuitvoerbare bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes wettig en uitvoerbaar sou wees as deel daarvan geskrap sou word, sal daardie deel as geskrap beskou word, en die res van die bepaling sal prakties voortgaan.

11.4 Ooreenkoms in die geheel

Hierdie Bepalings en Voorwaardes behels die hele ooreenkoms tussen u en ons ten opsigte van u gebruik van die App, en vervang alle vorige ooreenkomste tussen u en ons ten opsigte van u gebruik van die App.

11.5 Wet en jurisdiksie

(a) Hierdie Bepalings en Voorwaardes word deur die wet wat in Wes Australië van krag is beheer en elke party is onherroepelik onderworpe aan die nie-eksklusiewe jurisdiksie van die howe wat in Wes Australië jurisdiksie beoefen.

(b) Elke party doen onherroepelik afstand van enige beswaar ten opsigte van die lokaal van enige regsproses in hierdie howe op die basis dat die proses in ‘n ongerieflike forum aanhangig gemaak is.

11.6 Statutêre en regulatoriese openbaarmakings

(a) Ons is in die Australiese Sakeregister geregistreer.

(b) U kan die aanlyn weergawe van die register by <a href="http://www.abr.business.gov.au">http://www.abr.business.gov.au</a> kry.

(c) Ons Australiese Sakenommer is 24 819 440 618.

11.7 Algemene waarborge

Elke party verteenwoordig en gee volmag aan die ander party dat dit:

(a) in staat is om sy verpligtinge onder hierdie Bepalings en Voorwaardes uit te voer; en

(b) ten alle tye sal voldoen aan enige wette wat van toepassing is.

11.8 Ons kontakbesonderhede

(a) Ons geregistreerde kantoor is by 171–173 Mounts Bay Road, Perth, Western Australia, 6000

(b) U kan met ons in verbinding tree:

(1) per pos by PO Box 3155, Broadway Nedlands, Western Australia 6009, for attention Thrive by Five App;

(2) telefonies by +61 8 6460 4949 tussen 9:00 vm en 17:00 nm, Maandag tot Vrydag; en

(3) per e-pos by mailto:hello@thrivebyfive.com.


Aan u gebring deur

Mindero Foundation Logo

Laai die GRATIS app af vir Android of iPhone en moenie vergeet om met jou vriende en familie te deel nie